BVHS: Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Amelia Lamprecht, Hoofdogter van Bethlehem Voortrekker Hoërskool vir 2022.
Amelia, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Bethlehem Voortrekker Hoërskool?
Die beste manier om dit op te som is deur die volgende aanhaling wat sê: “A true leader doesn’t create separation. A true leader brings people together.” Ek wil my rol as hoofleier so gebruik sodat ek ons skool as n eenheid kan laat optree.
Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?
Ja dit is. By ons by Voortrekker maak hulle dit vir ons so veilig as moontlik, hulle hou ons fyn dop en sorg dat ons al die maatreëls nakom.
Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?
Madelein Lamprecht
Watter studieriging beoog jy na skool?
Op hierdie stadium oorweeg ek bedryfsingenieurswese baie sterk.
Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigring wat jy gaan volg? Waarom?
Ja, ek dink wel so. Ek sou net graag wou sien dat beroepsvoorligting meer aandag kry om so kinders aan selfs die onbekende beroepe voor te stel.
Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?
Ek sal nie sê hulle moet dit verpligtend maak nie aangesien almal in verskillende aktiwiteite goed is. Hulle kan wel deelname aan skoolaktiwiteite verpligtend maak, of dit dan sport of kultuur is, dit maak nie saak nie. Deelname is die belangrikste.
Wat het jy die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?
Die geesvang tye in ons skool wanneer almal sommer nuwe energie gekry het en verseker al ons sokkies en balle!
Is jy 100% seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.
Ek dink daar is min kinders wat aan die begin van matriek 100% seker is van hul studierigting aangesien mens nie altyd presies weet wat die rigting behels nie. Dit is juis hoekom dit so belangrik is dat jy in die praktyk gaan kyk wat die rigting presies behels waarin jy belangstel. Soms is die realiteit en die prentjie wat jy dink die beroep is, heeltemal verskillend.
Na watter Universiteit gaan jy volgende jaar?
Dit gaan afhang van waar ek keuring kry maar ek oorweeg die PUK of Tukkies.
Foto verskaf
Lees meer oor BVHS: