“Talent Africa“. Melita Steyn is ‘n Gr.6 leerder van Laerskool Stulting in Humansdorp. Sy het aan die nasionale rondte van die “Talent Africa” kompetisie deelgeneem. Tussen drieduisend ses en dertig deelnemers het sy goud in “Acting Comedy” verower. Melita behaal ook goud in “Acting Dramatic”. Sy ontvang ook silwer vir Eisstedfod gedramatiseerde poësie.
Melita het gekwalifiseer om deel te neem aan die “Stars of the Universe International Finals”. Sy ontvang ook haar Provinsiale klere, wat aangebied is deur die “Federation of Performing Arts SA”.
Stulting is baie trots op hierdie talentvolle dogter en wens haar alle sukses toe vir n blink toekoms op die verhoog!
Meer oor Laerskool Stulting: