)

Krieket T20 – Witteberg vs Hoërskole Fichardtpark en Sentraal

Krieket T20. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, se eerste krieketspan het deelgeneem teen Hoërskool Fichardtpark en Hoërskool Sentraal in Bloemfontein.

Vrydag 22 Oktober T20 vs Fichardtpark:
Reënweer het veroorsaak dat die wedstryd 45 minute laat begin het. As gevolg van die vogtigheid stuur Dries Stemmet vir Fichardtpark in om eerste te kolf. Aanvanklik kolf Fichies teen ‘n geweldige hoë tempo. Ruan Barnard (3 vir 37 in 4 beurte) en Lesego Mosikidi (2 vir 11 in 4 beurte) het die wedstryd omgedraai in Witteberg se guns. Fichardtpark word almal uitgeboul vir 132 lopies in die 19de beurt.
In Witteberg se kolfbeurt verloor hulle hul eerste drie paaltjies vinnig. Dries Stemmet (68*) en Johan Vorster (26) trek die wedstryd egter mooi terug. Saam met Stephan Geldenhuis (14*) word die wenlopies aangeteken met 8 balle oor. Witteberg wen gemaklik met 6 paaltjies.
Saterdag 23 Oktober: 50 Beurte vs Sentraal

Witteberg wen die loot en kolf eerste op n winderige en warm dag. Wian van der Merwe (27) en Johan Coetzee (40) sorg dat Witteberg se eerste paaltjie eers kantel na ‘n 57-lopie vennootskap. Dries Stemmet teken sy eerste honderdtal vir Witteberg aan. Hy teken 112 van 85 balle in ‘n puik kolfbeurt op n baie stadige blad aan. Hy word goed ondersteun deur Stephan Geldenhuis 61 van 60 balle en saam was hul die anker in Witteberg se kolfbeurt. Ruan Barnard se kort en kragtige beurt (19 van 9) in die laaste 2 beurte verseker dat n wentotaal van 358 aan Sentraal gestel word.

Sentraal se kolfbeurt begin ook teen n goeie lopietempo, maar gereelde paaltjies wat val, ry dit in die wiele en ñ baie goeie uithardloop deur Dian Strydom stop Sentraal se kans om enigsins naby die wentotaal te kom. Johan Vorster (1 vir 18 in 5) en Ruan Barnard (1 vir 23 in 5) het goed geboul. Dit is egter die boulvertoning van Stephan Geldenhuis ( 2 vir 4 in 5.2 beurte) wat die hoogtepunt van Witteberg se boulaanval was. Teen die einde van die beurt laat MC Smith (2 vir 27 in 4) ook 2 paaltjies kantel met sy draaiballe. Sentraal word almal uitgehaal vir 168 lopies en verseker aan Witteberg ‘n oorwinning van 189 lopies. Dié was ñ aanskoulike wedstryd en ‘n positiewe een om die seisoen mee af te skop!

Stephan Geldenhuis en Dries Stemmett

Lees meer oor Witteberg:

https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal