Debatkompetisie. Op Vrydag, 22 Oktober, het die Con Spirito Debatkompetisie se nasionale semifinaal plaasgevind. Die kompetisie is by Hoërskool Marais Viljoen in Alberton aangebied. Die deelnemende skole was as volg: Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Garsfontein, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Linden, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Oos-Moot, Hoërskool Outeniqua, Hoër Meisieskool Paarl en Hoërskool Transvalia. Sestien spanne (agt voorstander- en agt teenstanderspanne) het in sowel die junior- (gr. 8-9) as die seniorkategorie (gr. 10-12) teen mekaar kragte gemeet.
Mienke Cloete, Zané du Plessis, Johan Strauss, Isabella Burgers (seniors) en Chrizanne Joubert, Mariska van Biljon, Bea Niemand en JF Möller (juniors) het Hoërskool Ermelo by die kompetisie verteenwoordig. Die sestien spanne is uitgedun na die top tien junior- en top tien seniorspanne wat op Saterdag 23 Oktober teen mekaar te staan gekom het.
Van die vier EHS-spanne dring drie na die top tien deur. Die spanne se uitslae was as volg:
Johan & Isabella wen hul debat teen Hoërskool Outeniqua en eindig algeheel sewende (seniors).
Mariska van Biljon en Chrizanne Joubert val ongelukkig vas teen Helpmekaar Kollege en eindig negende (juniors).
JF Möller en Bea Niemand wen hul debat teen Hoërskool Durbanville en eindig met ‘n pragtige vyfde plek.
Die Erries is sommer baie trots op hierdie drie spanne wat nasionaal hul debatstempel deeglik afgedruk het.
Ons sien met verwagting uit na 2022 en dank ons Hemelse Vader vir hierdie mooi uitslae.
Lees meer oor Erries: