T20 Krieket. Die eerste krieketspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afgelope naweek kragte gemeet teen Hoërskool Sentraal en Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein in die T20 Krieket.
In Vrydag se T20 Krieket wedstryd teen Sentraal, het Matthew Maritz (64 lopies) en Antonio Cavaleiro (61 nie uit nie) gesorg dat Voortrekker ‘n goeie telling op die bord sit. Die boulers het elkeen hul kant gebring en verhoed dat Sentraal naby die wenteiken kom. Wean Claasen (1/5) het skitterend geboul met die nuwe bal.
Voortrekker wen met 108 lopies.
Saterdag het Fichardtpark die loot gewen. Hulle besluit om eerste te kolf en ‘n kompeterende 240/9 aangeteken in hul toegelate 50 boulbeurte. Izander Maree (3/35) en Antonio Cavaleiro (2/33) was die uitblinkers met die bal.
BVHS het Fichies se telling in die 43ste boulbeurt verbygesteek, danksy goeie bydraes met die kolf deur Matthew Maritz (78 nie uit nie), Presley Lesoro (58) en Juan Theunissen (31).
Voortrekker wen hierdie T20 Krieket wedstryd met 4 paaltjies.



Trekkertrots!
Foto’s verskaf
Lees meer oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool:
https://www.voortrekker.co.za/
Become a Sponsor








