)

Musiekblyspel – EHS betower gehoor

Musiekblyspel. In die geskiedenis van Erries was daar nog nooit ‘n musiekblyspel aangebied met soveel uitdagings nie. Die tema van die Musiekblyspel was “The girl in the pink pajamas”.

Covid-19 het byna veroorsaak dat hierdie produksie nie die lig kon sien nie.  Uiteindelik het die week waarna almal met reikhalsende verlange uitgesien he, het aangebreek:  11 – 16 Oktober.

Hierdie produksie kon aangebied word onder die uitstekende leiding van die musiekdepartement en veral me. Theunie Heinz. Bernard Jacobsz, die regisseur, se paaie het ook met dié van die Erries gekruis. Hy het hom skitterend van sy taak gekwyt.

Alles van hierdie produksie was wêreldklas. Dirkie van Staden was die kitaarspeler. Lizanne Dippenaar was die vioolspeler. Phila Dladla was vokale-afrigter en tromspeler. Andrew Roos het gesorg vir die klank en Johan Ferreira vir beligting. Met hope vasberadenheid en uithouvermoë van die Erries is die spreekwoordelike wa deur die drif getrek.

Khensani Khumalo in aksie

Ermelo was uitgehonger vir die uitstaande musiektalent en toneelspel.  Die gehore is elke aand opnuut betower deur leerders met ‘n absolute passie vir dit waarvoor hulle lief is.  Verskuilde talente is by die Erries ontdek. Dit is ontwikkel tot op ‘n hoë vlak. 

Marice de Jager en Hendrik Louwrens besig met ‘n uitdagende duet

EHS is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir sy leiding en genade en die groot sukses wat “The Girl in the Pink Pajamas” was.

Foto’s verskaf

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal