)

Erries ontvang Streepbaadjies – Graad 11’s baie trots

Erries ontvang Streepbaadjies. Op Maandag, 18 Oktober, is die gebruiklike streepbaadjies van Hoërskool Ermelo aan volgende jaar se graad 12-leerders oorhandig.

Hierdie is een van die Erries se mooiste tradisies. Die leerders sien vandat hulle in graad 8 deel word van die Erries, uit na die eer om die streepbaadjie te mag aantrek.

Tydens die oorhandiging word die gewone groen baadjie van die leerders vervang met die streepbaadjie. Dit is die erkenning van die Erekode wat vooraf aan die leerders gelees word.

Ryk geskiedenis

Dit is ‘n ryk geskiedenis wat gepaard gaan met dié besonderse baadjie. Mej. Adriani het in ongeveer 1917 die breë groen en smal wit kleure voorgestel. Die wit is simbolies vir reinheid en opregtheid en die groen vir moed en hoop. Die simboliese waarde agter die baadjies is iets wat die Erries na aan die hart lê, omdat dit daarop dui dat elke graad 12-leerder die skool as leier verteenwoordig en ‘n goeie voorbeeld moet stel, nie net die Errie-raad nie.

Jaarliks word die Skoolbybel en die skoolvlag ook tydens dié geleentheid aan die volgende jaar se presidente oorhandig.

Carla Ferreira het die Skool-Bybel ontvang as simbool van die Erries se geloof met die wens: “Glo in God en glo in die toekoms. Neem dit as ‘n lig vir jou pad – ook vir die Erries.”.

Die skoolvlag is aan Tiaan Grobler oorhandig as simbool van eenheid – eenheid in wil en eenheid in strewe met die wens: “Neem dit en bou ‘n beter toekoms vir ons skool en ons land.”

Baie geluk met die mylpaal wat julle bereik het, graad 11’s. EHS wens vir elkeen sterkte toe vir die matriekjaar. Mag julle die streepbaadjie en die simboliek daaragter met trots dra!

Tiaan Grobler (2022 President) se ouers, me Lynelle en mnr Pieter Grobler, asook Carla Ferreira (2022 Presidente) se ouers, me Colleen en mnr Louis Ferreira, trek hul kinders se streepbaadjies vir hulle aan
Van die leerders se ouers wat besig is om hul kinders se streepbaadjies vir hulle aan te trek
Vlnr: Mnr Willem Romijn, Tiaan Grobler, Carla Ferreira en me Erna Schoeman tyns die oorhandiging van die skoolvlag en Skool Bybel

Lees meer oor EHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal