)

SA Boerperd Kampioenskap – Errie-ruiters presteer

SA Boerperd-kampioenskap. Hoërskool Ermelo is deur twee ruiters by die SA Boerperd-kampioenskap verteenwoordig. Die kampioenskap het plaasgevind vanaf 13 tot 16 Oktober in Parys by die Afridome. Erries het skoonskip gemaak by hierdie geleentheid!

SA Boerperd vandag

In vandag se dae is die mening dat die SA Boerperd meestal as werksperd gedien het iets van die verlede. Die afgelope paar jaar het die SA Boerperd groot populariteit as skou- en plesierperd verwerf.  SA Boerperd is ‘n veelsydige ras wat omtrent in elke kompeterende veld as sportperd deelneem.

Uitslag van Surika Struwig

Surika Struwig en haar perd Calela Cent, behaal die volgende : Dresseer Prelim: Toets een en twee behaal sy twee eerste plekke en word as kampioenruiter aangewys in die Prelim Dresseer o/19-klas.

In veelsydige Ryperd o/19 items behaal sy eerste plek. Elite 5 veelsydige Ryperd – eindig sy vyfde. Driegang Universiele ruiter (o/19) eindig sy vierde. In driegang Universiele ryperd-ruiter (o/19) behaal sy nog ‘n eerste plek.

Met die Universiele ryperd o/6 jaar behaal hulle ‘n tweede plek en in die Universiele plesierperd o/6 jaar bereik Surika en Calela Cent ‘n derde plek.

Surika palm twee vierde plekke  in onderskeidelik 60cm Springklas, asook in Champ of Champs en ‘n vyfde plek in die 3-gang Universiele Elite 5-kampioenskap, perde onder 6 jaar.

Uitslag van Simoné Jacobsz

Simoné Jacobsz het met drie perde deelgeneem by die SA Boerperd-kampioenskap en behaal die volgende plekke:

In Junior Novice Dresseer (o/19), Toets drie en vier behaal sy ‘n eerste plek. Die Junior Novice Dresseer (o/19)-kampioenskap behaal Simoné ‘n algehele eerste plek. In Toets Reunperd 5jaar+ behaal sy ‘n derde plek. Met toets driegang Ryperd 6jaar+ eindig sy eerste. Die Toets driegang Ryperd Hingste 6jaar+ behaal Simoné ‘n sesde plek.

Beide Universiele driegang Junior Ryperd (o/19) en Universiele driegang Junior Ruiter (o/19) behaal Simoné tweede plekke. In Universiele driegang Ryperd (u/19) behaal sy nog ‘n eerste plek by die SA Boerperd-kampioenskap.

Toets driegang Junior Ruiter (o/19), asook in Toets driegang Ryperd (u/19) behaal sy twee onderskeidelike eerste plekke.

Simoné en haar perd, Calela Cyprus, eindig algeheel derde in Universiele Champs of Champs tydens die SA Boerperd-kampioenskap.

Baie geluk Surika en Simoné.

EHS is trots op julle!

Lees meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal