Tops & Tags. Tops & Tags for Kri-Shy kom tot ‘n einde. Dit is Kristi & Shyenne se laaste kwartaal by Volkies en kan hulle harte net nie genoeg oorloop van dankbaarheid en trots op hulle skool nie. Baie dankie aan elke liewe maatjie, onderwysers en ouers wat die projek ondersteun en so getrou proppies en broodkleppies in hul blikke gooi. Kort-kort het die skool laat weet as hulle die blikke kan leeg maak en vrag-vir-vrag het die projek bly groei.
Tops & Tags for Kri-Shy daag al die Volkies uit om die meeste proppies te versamel gedurende hierdie laaste kwartaal vir ‘n finale poging saam met hulle!
Welkom Volkskool is hul trots en saam kan hulle enigiets doen!
Lees meer oor Welkom Volkskool: