)

ATKV-Tienertoneelfinaal – Onblusbare Talent Bekroon

ATKV-Tienertoneelfinaal. ’n Swaargewig paneel beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners van die gesogte ATKV-Tienertoneelkompetisie aan te wys. Talle dapper tieners het met hul passie die verhoog aan die brand gespeel het.

Die wenners:

Niemand anders nie as die Hoërskool Parel Vallei met Hansie Slim het daarin geslaag om die beoordelaars met hul puik spel te oorrompel. Hulle is as die nasionale wenner aangewys.

Die Hoërskool Bellville met ’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag het hulself net so goed van hul taak gekwyt. Hulle het ’n tweede plek behaal.

Hoërskool Jan van Riebeeck met Om teen treine te skree is as die derdeplek-wenner aangewys.

Finaal:

Dié gesogte finaal het plaasgevind vanaf 6 tot 9 Oktober by Artscape in Kaaptstad. Artscape vier ook vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Die beste jong toneeltalent is tydens ’n spogprysuitdeling op 9 Oktober aangewys. Bernice West, ook ’n produk van ATKV-Tienertoneel, het die vermaak verskaf.

Bernice West
Beoordelaars:

Die beoordelaars Jacques Bessenger, Amalia Uys, Marlo Minnaar, dr. André Gerber, Zenobia Kloppers en Wilhelm van der Walt was dit eens dat die Top 10-produksies kreatiewe baanbrekerswerk is. Die toekoms van die teater met sulke talent en innovasie is gesond.

Amelia en Jacques
Marlo Minnaar
Zenobia Kloppers
Wilhelm en André
Meer as 1500 tieners:

Meer as 1500 passievolle tieners van regoor Suid-Afrika het vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem en die Top 10-produksies is na die nasionale finaal genooi wat die Top 2-produksies insluit wat in die  slegs-leerderskategorie meeding. In dié unieke kategorie is slegs leerders betrokke by al die aspekte van teatermaak.

Die beste slegs-leerdersproduksie tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2021 is die Hoërskool Eldoraigne met Dubbelsinnig!.

Nasionale finaal:

Hier volg ’n volledige lys van wenners tydens ATKV-Tienertoneel se nasionale finaal 2021:

Beste verhoogbestuurder:
Die beste verhoogbestuurder is: Jalena Jerling van die Hoërskool Parel Vallei met Dors
Jalena Jerling
Beste klankoperateur
  • Die beste klankoperateur is: Rickus Lombard van die Kuswag skool met Thomas vermoor: Die toneelstuk.
Rickus Lombard
Beste beligtingsoperateur
  • Die beste beligtingsoperateur is: Leandre Strydom van die Hoërskool Eldorainge met Dubbelsinnig!.
Leandre Strydom
Beste tegniese aspekte:
  • Die beste hantering van tegniese aspekte is: Hoërskool Parel Vallei met die produksie Hansie Slim.
Tegniese aspekte
Belowende spel
  • Die mees belowende spel in ’n rol behoort aan: Elzaan Daniels as Mercy in Om teen treine te skree van die Hoërskool Jan van Riebeeck.
Elzaan Daniels
Beste akteur ondersteunend:

Die beste akteur in ’n ondersteunende rol is: Darren Cloete as David in die produksie Om teen treine te skree van die Hoërskool Jan van Riebeeck.

Darren Cloete
Beste aktrise ondersteunend:
  • Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is: Lucy Groenewald as Mariki in die produksie Vierdoop van Eunice High School.
Lucy Groenewald
Beste akteur hoofrol:
  • Die beste akteur in ’n hoofrol is: Jurie Boshoff as George in die produksie Jy.Vrou van die Hoërskool Hugenote Springs.
Jurie Boshoff
Beste aktrise hoofrol:
  • Die beste aktrise in ’n hoofrol is: Alma van Heerden as Ass in die produksie Thomas vermoor: Die toneelstuk van die Kuswag skool.
Alma van Heerden
Beoordelaarstoekenning:
  • Die beoordelaarstoekenning is vanjaar toegeken aan ’n individu wat veelsydigheid van teaterelemente getoon het in die vorm van spel, dans, sang, musiekregie en choregorafie.
  • Die beoordelaarstoekenning is toegeken aan: June Kruger van die Hoërskool Parel Vallei met haar veelsydige prestasie in die produksies Dors en Hansie Slim.
June Kruger
Beste ensemblewerk:
  • Die beste ensemblewerk is toegeken aan: Hoërskool Parel Vallei met die produksie Hansie Slim.
Beste Ensemble
Beste regisseur:
  • Die beste regisseur is: Wikus Zerwick van die Hoërskool Bellville met ’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag
Wikus Zerwick
Beste bemarking:
  • Die beste media-en-bemarkingsportefeulje tydens die ATKV-Tienertoneelkompetisie vir 2021 wat ook ‘n kontantprys van R5 000 ontvang behoort aan: Hoërskool Parel Vallei vir uitnemende en volgehoue bemarking van die produksies Hansie Slim, DORS en Verkleurmannetjie.
  • Die Beste slegs-leerdersproduksie tydens die ATKV-Tienertoneelfinaal 2021 wat ook ‘n kontantprys van R10 000 ontvang is: Hoërskool Eldoraigne met Dubbelsinnig!.
Beste slegs-leerdersproduksie
Top drie produksies:
  • Die Top 3-produksies ontvang benewens ’n kontantprys ook ’n speelvak tydens die Suidoosterfees in 2022.
  • Die derdeplekwenner wat ook met ’n kontantprys van R10 000 wegstap is: Hoërskool Jan van Riebeeck met Om teen treine te skree.
Derde plek wenner
  • Die naaswenner wat ’n kontantprys van R20 000 wen, is: Hoërskool Bellville met ’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag.
Naaswenner
Beste produksie:
  • Die beste produksie en wenner van R30 000, asook die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee, is: Hoërskool Parel Vallei met Hansie Slim.
Beste produksie: Hansie slim
Video:

Lees meer oor ATKV Tienertoneel en ander berigte:

https://schoolsthatrock.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal