)

Matrieks – Laaste saal-opening vir Hoërskool Nelspruit klas van 2021

Matrieks. Hoërskool Nelspruit se matrieks van 2021 het Maandag, 11 Oktober, die laaste saalopening van hulle hoërskoolloopbaan bygewoon. Na afloop van die opening het die leerders en onderwysers ‘n erewag vir hulle gevorm. Die erewag het al die pad van die rugbyveld tot by die vinculum gestaan, waar die matrieks die geleentheid gekry het om ‘n slot aan die Vinculum-struktuur te sluit.

Met hierdie inmekaar gesluite slotte aan ‘n lang ketting sluit die Nellie simbolies sy kosbare kleinnood van kindwees af en met die onvermydelike progressie van tyd bind hulle hulself aan hul alma mater, Hoërskool Nelspruit.

Naomi van der Nest en Ruben Gründlingh (Dux’e 2020/2021) het spesiale koerantuitknipsels, foto’s en aandenkings in die 2021-tydkapsule toegesluit wat tydens die groep se 10 jaar-reunie in 2031 oopgemaak sal word.

Ruben Gründling en Naomi van der Nest

Hoërskool Nelspruit bedank graag vir BUCO Nelspruit wat die slotte vir die geleentheid geborg het.

Lees meer oor Hoërskool Nelspruit:

https://schoolsthatrock.co.za

https://nelliesh.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal