)

Presidentsverkennertoekenning verwerf – BVHS Leerders behaal hoogste toekenning

Presidentsverkennertoekenning verwerf. Bethlehem Voortrekker Hoërskool is baie trots op Johandry Schoeman en Riël Nel wat die Presidentsverkennertoekenning verwerf het. Dit is die hoogste toekenning wat ‘n leerder kan verwerf op skoolvlak.

Dit is ’n deurlopende proses wat die hele Presidentsverkennerloopbaan insluit en afsluit met die Presidentsverkenner Afrondingskamp. Daarna kan die Verkenner die Presidentstoekenning verwerf.
Met hierdie proses is die Presidentsverkennertoekenning vir elke Verkenner in graad 12 beskore. Hulle moet ten minste aan die minimum vereistes voldoen. Verkenners is self in beheer van die suksesvolle afhandeling van die proses. Die Presidentsverkennertoekenning word op nasionale vlak deur die Hoofdagbestuur toegeken.

Die doel van die Verkennerloopbaan tot by die Presidentsverkenner Afrondingskamp is die ontwikkeling van gebalanseerde jongmense wat hulself binne hul eie unieke potensiaal kan handhaaf. Hierdie proses beoog om elke Verkenner die geleentheid te gee om: Christelike waardes vas te lê. Liefde vir die Afrikanergeskiedenis en – kultuur te vestig. Positiewe Burgerskap te ontwikkel. Tot ‘n diensbare leier te ontwikkel. ’n Wye verskeidenheid van vaardighede aan te leer en verder te ontwikkel. Blootgestel te word aan diverse positiewe ervaringe. Verantwoordelikheid te aanvaar vir sy totale mens ontwikkeling deur die voorgeskrewe proses na te kom. Om deur middel van hierdie deurlopende opbouende terugvoer uit die proses te groei.

Baie geluk aan Johandry en Riël met die mooi prestasie.

Trekkertrots!!!

Lees meer oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal