Mpumalanga Skole-Gholf. Drie Errie-gholfers het op Maandag , 20 September, aan die finale rondte van die Mpumalanga skole-gholf proewe deelgeneem. Die proewe is by die Volksrust Gholfklub aangebied. Die drie gholfspelers is Kobus van Heerden, Tobie Leibbrandt en Wian Swart. Al drie seuns het goeie gholf gespeel en, soos dit Erries betaam, hul beste gegee.
Kobus is in die span van agt spelers ingesluit. Hy gaan Mpumalanga Skole-Gholf by vanjaar se Suid-Afrikaanse Toernooi verteenwoordig. Tobie en Wian is albei as reserwes gekies. Hulle moet gereed wees om hul plek in die span vol te staan indien een van die ander spelers sou onttrek.
Al drie spelers pluk die vrugte van hul harde werk. Die Suid-Afrikaanse Toernooi vind DV vanaf 22 tot 24 Oktober te Heron Banks in die Vaaldriehoek plaas.
Hoërskool Ermelo is besonder trots op elke Errie-gholfer en wens hul alle sterkte toe met die toernooi wat voorlê.
Lees meer oor EHS: