)

Mpumalanga Skole-Gholf – EHS presteer by finale proewe

Mpumalanga Skole-Gholf. Drie Errie-gholfers het op Maandag , 20 September, aan die finale rondte van die Mpumalanga skole-gholf proewe deelgeneem. Die proewe is by die Volksrust Gholfklub aangebied.  Die drie gholfspelers is Kobus van Heerden, Tobie Leibbrandt en Wian Swart.  Al drie seuns het goeie gholf gespeel en, soos dit Erries betaam, hul beste gegee.

Kobus is in die span van agt spelers ingesluit. Hy gaan Mpumalanga Skole-Gholf by vanjaar se Suid-Afrikaanse Toernooi verteenwoordig.  Tobie en Wian is albei as reserwes gekies. Hulle moet gereed wees om hul plek in die span vol te staan indien een van die ander spelers sou onttrek. 

Al drie spelers pluk die vrugte van hul harde werk. Die Suid-Afrikaanse Toernooi vind DV vanaf 22 tot 24 Oktober te Heron Banks in die Vaaldriehoek plaas. 

Hoërskool Ermelo is besonder trots op elke Errie-gholfer en wens hul alle sterkte toe met die toernooi wat voorlê.

Lees meer oor EHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal