Con Spirito Debatfinaal. Op Woensdag 22 September het 12 leerders van Hoërskool Ermelo deelgeneem aan die streeksuitdunne van die Con Spirito Debatkompetisie. Dit is vanjaar vir die eerste maal aangebied by die Helpmekaar Kollege.
‘n Debatspan bestaan uit twee leerders en daar is in twee kategorieë meegeding, naamlik die juniors (gr. 8 – 9) sowel as die seniors (gr. 10-12).
Hoërskool Ermelo het twee junior- en vier seniorspanne ingeskryf.
Beide die juniorspanne en twee van die seniorspanne dring deur na die nasionale finaal op 22-23 Oktober. Die Con Spirito Debatfinaal sal gehou word te Hoërskool Marais Viljoen in Alberton.
Erries wens vir JF Möller, Bea Niemand, Chrizanne Joubert en Mariska van Biljon (juniors) sowel as Isabella Burgers, Mienke Cloete, Zané du Plessis en Johan Strauss (seniors) geluk met hul puik prestasie.
Die groen massa is baie trots opjulle en ons gee aan die Here al die eer vir die mooi talente waarmee Hy julle geseën het!
Lees meer oor Hoërskool Ermelo:
Become a Sponsor








