EHS o/15A krieketspan: Op Donderdag 9 September het die EHS o/15A krieketspan te staan gekom teen Hoërskool Piet Retief in hul eerste liga-wedstryd vir die jaar.
Laasgenoemde teken 130 lopies aan in die 20 boulbeurte. EHS se o/15 krieket teken op dié kolfbeurt 132 lopies aan in slegs 16 boulbeurte. Die Erries wen dus met ses paaltjies.
Carel Jacobs teken 44 lopies aan, nie uit nie. Tredoux Ferreira neem twee paaltjies in vier boulbeurte vir net 20 lopies.
Baie geluk aan die Erries met die oorwinning en baie sterkte met die ligawedstryde wat nog voorlê.
Mag daar nog vele oorwinnings wees en mag elke speler se liefde vir die sport groei.
Erries is baie trots op julle!!!
Lees meer oor Hoërskool Ermelo: https://schoolsthatrock.co.za/