Junior Erries Rugby. Junior Erries rugby skitter op die veld! Die Junior Erries-rugby seuns het op Saterdag 4 September teen King Edward Primary te staan gekom. Die Erries het hul uitstekend van hul taak gekwyt.
Alhoewel dié jong seuns nog in die laerskool is, het elkeen Errie-wees ten toon gestel en voluit gespeel. Die telling van die o/12-Junior Erries was 40-0 in die Erries se guns. Erries se o/13-Junior span wen met 43-8. Die Erries bedank meneer Jimmy Stonehouse, oud-Errie en tans Puma-afrigter. Hy het die dag bygewoon en het ook die spelers van die onderskeie wedstryde aangekondig.
Hannu Horn is aangewys as die voorspeler van die o/12-span en Jannie Jacobs is aangewys as die agterspeler van die o/12’s. In die o/13-span is Zander Muller aangewys as voorspeler van die wedstryd en Ruan Ludwig as agterspeler. Dié seuns word elkeen beloon met ‘n prys wat moontlik gemaak is deur die borge. Groot dank aan elke borg: TWK Versekering, Pam Golding en De Wit Motors. Geluk en dankie aan elke seun wat deel was van dié geleentheid en EHS se naam eer aangedoen het.
“Dit is lékker om julle as deel van Hoërskool Ermelo te hê.”
Foto’s verskaf
Lees meer oor Erries: