ATKV-DigiSpanpraat 2021. Vanjaar het 520 leerders landwyd aan die ATKV-DigiSpanpraat 2021 kompetisie deelgeneem.
Hoërskool Punt se Graad 9-span het deelgeneem. Hul toespraak het gehandel oor die onderwerp “Etikette hoort op klere”. Die span het 4 lede. Die lede is: Gratia Pauw, Evert Potgieter, Johannes Pretorius en TJ Vorster. Dit is geskryf deur Me. Stefanie Keyser. Sy rig die span reeds sedert hul Graad 6 jaar af.
Op 7 September het die span in spanning gewag op die uitslag. Die aankondiging van die ATKV DigiSpanRedenaars se Nasionale Top 5 wenners was ‘n direkte uitsending. In vorige jare het die deelnemers na Pretoria, Kaapstad of Johannesburg gegaan vir die prestige deelname en aankondiging. Vanjaar is dit egter aanlyn gedoen.
Die span was uit hul vel toe hulle as Nasionale Naaswenners (met ‘n A++) aangewys is. Hulle troon uit bo groot skole in die land.
Die Nasionale Top 5 skole in die Afdeling Afrikaans Huistaal Gr. 9:
1e Plek : Hoërskool Waterkloof
2e Plek : Hoërskool Punt
3e Plek : Hoërskool Rustenburg
4e Plek : Hoërskool Zwartkop
5e Plek : Helpmekaar Kollege
Hoërskool Punt is geweldig trots op hierdie Gr. 9-span, hul afrigter Me. Stefanie Keyser en Me. Madelie Broodryk (organiseerder van Punt se Redenaars).
Die span neem weer op 20 September aan die Oppitong Af deel. Hoërskool Punt wens hulle baie sterkte toe!
Lees meer oor Hoërskool Punt: