)

ATKV-DigiSpanpraat 2021 – Punt as Nasionale naaswenners aangewys

ATKV-DigiSpanpraat 2021. Vanjaar het 520 leerders landwyd aan die ATKV-DigiSpanpraat 2021 kompetisie deelgeneem.

Hoërskool Punt se Graad 9-span het deelgeneem. Hul toespraak het gehandel oor die onderwerp “Etikette hoort op klere”. Die span het 4 lede. Die lede is: Gratia Pauw, Evert Potgieter, Johannes Pretorius en TJ Vorster. Dit is geskryf deur Me. Stefanie Keyser. Sy rig die span reeds sedert hul Graad 6 jaar af.

Op 7 September het die span in spanning gewag op die uitslag.  Die aankondiging van die ATKV DigiSpanRedenaars se Nasionale Top 5 wenners was ‘n direkte uitsending. In vorige jare het die deelnemers na Pretoria, Kaapstad of Johannesburg gegaan vir die prestige deelname en aankondiging. Vanjaar is dit egter aanlyn gedoen.

Die span was uit hul vel toe hulle as Nasionale Naaswenners (met ‘n A++) aangewys is.  Hulle troon uit bo groot skole in die land.

Die Nasionale Top 5 skole in die Afdeling Afrikaans Huistaal Gr. 9:

1e Plek  :  Hoërskool Waterkloof

2e Plek  :  Hoërskool Punt

3e Plek  :  Hoërskool Rustenburg

4e Plek  :  Hoërskool Zwartkop

5e Plek  :  Helpmekaar Kollege

Hoërskool Punt is geweldig trots op hierdie Gr. 9-span,  hul afrigter  Me. Stefanie Keyser en Me. Madelie Broodryk (organiseerder van Punt se Redenaars).

Die span neem weer op 20 September aan die Oppitong Af deel. Hoërskool Punt wens hulle baie sterkte toe!

Lees meer oor Hoërskool Punt:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.pointhighschool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal