)

Errie-redenaar vaar uitstekend by Radikale Redenaars!

Errie-redenaar vaar uitstekend. Hoërskool Ermelo is besonder trots op Chrizanne Joubert. Sy is ‘n graad 9-leerder wat tydens die Radikale Redenaars se kompetisie uitstekend gevaar. Chrizanne het vir die streeksfinaal gekwalifiseer in twee van die items: Prosa lees en Poësie lees.

Sy is ook deur na die Nasionale finaal met haar voorbereide redenaars in Afrikaans Moedertaal. Beide die streeks- en nasionale-finaal vind later die jaar plaas.

Baie geluk, Chrizanne! Sterkte met die verdere kompetisie.

Lees meer oor Erries:

“Creativity takes courage, but behind every performer is a beginner who fell in love with expression, story telling and being set free.”

Die EHS streef daarna om ‘n liefde en waardering vir kultuur by leerders te kweek. Die blootstelling wat Erries aan kultuur kry, help leerders om te bou aan hul selfvertroue en omskep kinders in volrype, jong volwassenes. Deur toegewyde afrigting en onbaatsugtige ondersteuning lei die personeel die leerders om hul (soms verborge) talente te ontdek.

Kultuurkompetisies:

Redenaars: ATKV-Redenaars, Radikale Redenaars, Con Spirito, SALA, Oppie-Tong-Af, Artisticulta

Debat: Dink-of-Sink, ATKV-Debat

Toneel: ATKV-Tienertoneel, At Strydom-dramaklasse, Artisticulta, Con Spirito

Koor: Dogterskoor, Ensemble

​Buiten bogenoemde geleenthede waar die Erries op kompeterende vlak kan groei, is daar verskeie ander interne geleenthede wat die leerders op kulturele vlak kan ontwikkel: die jaarlikse groentjieskonsert, iHelp en Kalisto, musiekklasse by die kunstesentrum, asook dansklasse
by Adéle Grey dansskool.

Hoërskool Ermelo beskik oor ‘n besondere kunstesentrum, genaamd die 
ABK van Zijl-kunstesentrum wat onder andere ‘n uitstekende toegeruste ouditorium het.

Die Erries is ook betrokke by Landsdiens. Dié leer leerders vier belangrike liefdes, naamlik liefde vir God, liefde vir jou medemens, liefde vir die natuur en liefde vir arbeid.

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/
https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal