)

Errie-Wildehonde hard aan die oefen

Errie-Wildehonde is hard aan die oefen. Hoërskool Ermelo se minihokkie-seisoen, die Wildehonde het op Vrydag 20 Augustus 2021 afgeskop op die EHS astrobaan.

Errie-Wildehonde hard aan die oefen

Pricilla Esterhuyze dien as hoofafrigter en werk weekliks oefeninge uit vir die aspirant hokkiesterre.  Vandeesweek het die Errie-Wildehonde gefokus op trekke na vore en na agter, basiese aangee-werk, sowel as aangee- en ontvangtegnieke. Tydens die afrigtingsessies maak die afrigters seker dat elke Wildehondjie al die vereiste oefeninge onder die knie kry.  Mini-wedstyde word aan die einde van die onderskeie sessies gespeel.

Errie-Wildehonde hard aan die oefen

Vir die afrigters is dit ‘n voorreg en vreugde om met al die jong en belowende talent te werk. Die hoofdoel van die Errie-Wildehonde is dat elke Wildehondjie hard moet oefen. Hulle moet die oefeninge terdeë geniet, met die hoop dat ‘n liefde vir hokkie onder die kinders sal posvat.

Errie-Wildehonde hard aan die oefen

Indien daar nog enige belangstellende is wat graag deel sou wou word van die EHS Wildehonde minihokkie, is sodanige persoon baie welkom.

Dit maak nie saak hoe klein jy is nie; by die Wildehonde word ‘n liefde vir hokkie gekweek!

Meer oor Hoërskool Ermelo:

https://schoolsthatrock.co.za/category/latest-news/

https://www.erries.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal