)

Miné de Klerk ryg medaljes in

Foto’s: Miné de Klerk

Miné de Klerk ryg medaljes in. Miné de Klerk, Hoërskool Goudveld in Welkom se hoofdogter, is op pad om ‘n wêreldkampioen te word.

Sy het by die o.20 Wêreldkampioenskappe in Nairobi ‘n Goue medalje verower in gewigstoot met ‘n fantastiese 17,4m! Verder het Miné ook ‘n silwer medalje gewen in diskus gewen met ‘n afstand van 53,50m. Hiermee het sy die rekord wat in 2006 deur Somone du Toit opgestel is, verbeter.

Miné de Klerk is daarvoor bekend dat sy altyd haar beste gee, ongeag wat sy doen. Sy “glo dat alles moontlik is deur Liewe Jesus wat vir my die krag gee.” Sy is ‘n baie positiewe mens en sy is haar skool, Gouties, se trots.

Haar pa , Ben, is die afgelope 2 jaar haar afrigter. Hy is ook uit die veld geslaan deur haar ongelooflike prestasies – veral die goue medalje in diskus. Die de Klerk-gesin is almal sportiewe mense. Haar pa het provinsiale kleure verwerf in atletiek, rugby, gimnastiek en krieket. Haar ma, Yolanie, het hokkie gespeel vir die Universiteit van die Vrystaat.

Minê gaan volgende jaar atletiekafrigting studeer aan die University of Oregon in Amerika.

Baie geluk, Miné! Jy is ‘n Goutie Legende. Gouties is baie trots op jou!

Lees meer oor Hoërskool Goudveld:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

http://www.gouties.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal