Paul Rooser in finale Blitsbrein
Die landswye Blitsbrein Junior-kompetisie het weer vanjaar aanlyn plaasgevind. Justin Cowley (graad 11) van Paul Roos Gimnasium, het 4de in die Wes-Kaap geëindig. Hy sal op 28 Augustus aan die finaal deelneem.
Kortliks oor Blitsbrein Junior: Enige leerder wat gedurende die jaar in graad 8, 9, 10 of 11 is, mag aan die Algemene Kenniskompetisie (BlitsbreinJunior) deelneem. Registrasie en deelname is gratis en die vraestelle sal in Afrikaans wees. Enige leerder (Leerders in publieke en private skole (in enige provinsie van Suid-Afrika) mag deelneem. Dit is twee vraestelle/kompetisies. Een vir graad 8 en 9-leerders en een vir graad 10 en 11-leerders.
Die kompetisie bestaan uit twee rondes: uitdunrondte en finale rondte. Leerders kan self of onderwysers kan leerders registreer. Maak die korrekte keuse by inskrywing. (E-pos-adresse kan slegs een maal geregistreer word – onderwysers wat leerders registreer, moet vir elke leerder ‘n unieke e-pos-adres gebruik).
Deelnemers moet aandui onder watter van die drie provinsies hul skool val. Die organiseerders het die reg om leerders, volgens die skool se ligging, vir die finaal in te deel. Indien die registrasie suksesvol is, sal elke leerder binne ‘n uur ‘n bevestigende e-pos ontvang. Dit bevat inligting oor die kompetisie.
Leerders wat suksesvol geregistreer het, sal die oefenronde kan aflê. Leerders moet soveel moontlik vrae (maksimum 100 vrae) in 20 minute beantwoord. Ouers/Voogde moet asb toesig hou. Eksamentoestande geld. Die uitdunrondte moet onder behoorlike toesig (eksamentoestande) afgelê word. Geen sakrekenaars of soekenjins mag gebruik word nie. Die deelnemers is verantwoordelik om seker te maak die toestel waarop hy die vraestel aflê se “firewalls” en sekuriteit nie die webwerf blokkeer nie. Die webwerf funksioneer optimaal met Chrome of Firefox (bedryfstelsel).
Leerders se individuele tye wat dit neem om die vraestel te voltooi, sal ook in ag geneem word. Verkeerde antwoorde sal negatief gemerk word.
Die puntetoekenning is as volg: 5 punte vir elke korrekte antwoord. -2 Punte vir verkeerde antwoorde. 0 Punte vir vrae wat nie beantwoord is nie.
Dertig finaliste (per kompetisie), sal na die finale rondte deurdring. Elke finalis wat die finale rondte aflê, ontvang ʼn sertifikaat van deelname.
Die finaliste word ingedeel per provinsie volgens die keuse tydens die registrasieproses. Die organiseerders behou steeds die reg voor om leerders, volgens die skool se ligging, vir die finaal in te deel.
Prysgeld: Graad 8 en 9 – 1ste plek: R10 000 (leerder) en R10 000 (skool). 2de Plek: R7 500 (leerder) en R7 500 (skool) 3de Plek: R5 000 (leerder) en R5 000 (skool). (Indien van die plekke gedeel word, word die bedrag gelykop gedeel.)
Graad 10 en 11 – 1ste plek: R10 000 (leerder) en R10 000 (skool); 2de plek: R7 500 (leerder) en R7 500 (skool); 3de plek: R5 000 (leerder) en R5 000 (skool). (Indien van die plekke gedeel word, word die bedrag gelykop gedeel.)
Prysgeld (Provinsiale wenners): Graad 8 en 9 – Die wenner van die graad 8 en 9-kompetisie ontvang R5 000. Tweede plek: R3 000 en derde plek: R2 000. (Indien van die plekke gedeel word, word die bedrag gelykop gedeel.) Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners, ontvang die leerder slegs die nasionale prysgeld.
Graad 10 en 11 – Die wenner van die hoërskoolkompetisie ontvang R5 000. Tweede plek: R3 000 en derde plek: R2 000. (Indien van die plekke gedeel word, word die bedrag gelykop gedeel.) Indien van hierdie plekke beklee word deur nasionale wenners,ontvang die leerder slegs die nasionale prysgeld.
Meer oor Paul Roos Gimnasium:
https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/paarl/