Foto: Primêre Skool Jordania se koshuisleiers, Carli, Angelique, Sarel en Stephan
Primêre Skool Jordania van Bethlehem het hul koshuisleiers gekies en bekend gestel. Die Jorries wens die Graad 7 leerders, Carli Strauss, Angelique van der Merwe, Sarel van Biljon en Stephan Uys geluk met hul verkiesing as leiers van hul koshuis. Die skool stel al hul vertroue in julle as die koshuisleiers van Primêre Skool Jordania. Sterkte met die werk wat voorlê.
Jorries is trots op julle!
Meer oor Jordania:
Lees meer oor Jorries se geskiedenis
Die Primêre Skool Jordania het op 23 Junie 1958 sy deure geopen met 72 leerders en 3 onderwyseresse. Me. J.C. du Preez was aan die stuur van sake. Die oorspronklike geboue het uit drie klaskamers, ‘n saaltjie, ‘n kantoor en ‘n klein stoorkamertjie bestaan.
Begin as klein skooltjie – 1966 volwaardige skool
Aanvanklik het Primêre Skool Jordania onderrig gebied tot Standerd 2 (Graad 4), maar die skooltjie het vinnig gegroei. In 1966 ‘n volwaardige Primêre Skool geword het met die eerste Standerd 5 (Graad 7) klas. Op 15 Mei 1964 word die skool se kleurbaadjie vir die eerste keer deur ‘n Sub A (Graad 1) leerder, Louise Smit, gedra. Die skoollied is deur Mnr. A.H. Wasserman gekomponeer en getoonset en word die eerste keer deur leerders op 14 April 1966 gesing. Gedurende 2013 word ‘n nuwe, effekleur skoolbaadjie vir die leerders in gebruik geneem.
Nuwe skoolgebou
Die nuwe skoolgebou word op 7 September 1974 ingewy. Tans beskik die skool oor die mees moderne geboue en ‘n pragtige, goed ontwikkelde terrein. Die Primêre Skool Jordania het deur die jare gegroei tot die toonaangewende skool in die Oos-Vrystaat en word as een van die bestes in die provinsie gereken. Daar is tans sowat 870 leerders in die skool vanaf Graad R tot 7. Die skool beskik ook oor ‘n baie bekwame en uitgebreide personeelkorps wat die leerders in hulle opvoeding begelei.
Meer oor Jorries se Koshuis
Ons tuiste weg van die huis: Primêre Skool Jordania het sedert 2013 hul eie koshuis. Daar is plek vir ongeveer 30 leerders.
Hier leer die leerders om meer selfstandig te word, weg van die ouerhuis. Die leerders geniet dit baie en speel en kuier lekker in die koshuis. Ons is soos ‘n familie van boeties en sussies, wat omsien na mekaar.
Ons is trots op ons koshuisleerders wat presteer op akademiese-, kulturele- en sportgebied. Daar is jaarliks puik prestasies deur ons koshuiskinders. Ons huislike atmosfeer en die feit dat hullle meer selfstandig groot word help hulle presteer en berei hulle voor vir die toekoms.
Dagskoliere is ook welkom – kontak gerus die kantoor vir verdere inligting.
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/