Drie leerders van Bethlehem Voortrekker Hoërskool blink weer uit met hul insluiting onder die top-60 finaliste in vanjaar se Blitsbrein kompetisie. Hierdie drie slimkoppe, Susan Bender (Gr 9), Liam-Lloyed Doman (Gr 8) en Annika van Rooyen (Gr8) is onder die Top 60-finaliste in vanjaar se Blitsbrein Junior Algemene-kenniskompetisie.
Die finaal vind op 28 Augustus plaas!
Baie geluk en sterkte met die finaal!
Trekkertrots!
Meer oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool:
Kultuur: Kultuur by BVHS kook!
‘n Wye verskeidenheid aktiwiteite word by BHVS aangebied!
K -Koorsang met ‘n kinkel – ons seuns serenadegroep vir manne met ‘n sangtalent
U – Uiting van emosies op visuele en dramatise wyses: kom neem visuele en dramatise kuns as vak
L – Leierskapsontwikkeling op alle terreine
T – Tienertoneel vir amateurs
U – Uitspreek van opinies tydens debat- en redenaarssessies
U -Uitnemendheid op alle terreine
R – Rasieleiers en geesvang is deel van Trekkerlewe
Kultuuraktiwiteite vind deurlopend by Voortrekker plaas en kan ons leerders hulleself uitleef!
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/