)

Witteberg presteer in Wiskunde-kompetisie

Vier Graad 12-leerders van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het skitterend presteer in ‘n wiskunde-kompetisie. Hulle eindig onder die Top 60 in Suid-Afrika. In die Vrystaat eindig hulle onder die Top 20. Die Wiskundekompetisie is geloods deur Netwerk 24.

Witteberg se 4 Wiskunde-boffins is: Luan Matthee, Duan Maritz, Wian Marirtz en Catherine Shepherd.  

Enige leerder (wat tans in Gr.10-12 is) kon aan die aanlyn kompetisie deelneem. Die kompetisie bestaan uit `n uitdunrondte en `n finale rondte. Die eerste rondte van die kompetisie het plaasgevind op 4 Junie. Daarna is die Top 60 in Suid-Afrika aangekondig. Hierdié vier matrikulante van Witteberg sal op 4 September deelneem aan die finale rondte.

Wenners van die Wiskundekompetisie kan met soveel as R20 000 vir die leerder en R20 000 vir die skool wegstap.

Meer oor Witteberg: https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

https://www.witteberghs.co.za/

Akademie is Witteberg se hart en siel. Ons is trots om te sê dat ons onderwysers nie skroom om die ekstra myl te stap nie. Witteberg se Wiskunde en Fisiese Wetenskap is weereens vir die soveelste jaar tops in die Vrystaat.

Vir die afgelope 20 jaar spog ons met die meeste top akademiese individuele presteerders in Oos-Vrystaat en nasionale wenners in olimpiades en ekspo’s

In 2017, 2019 en 2020 word Witteberg amptelik aangewys as die nommer 1 Wiskunde -en Wetenskapskool in die Vrystaat.

Witteberg se Excelsus akademie bied Wiskunde & Skeinat ekstraklasse daagliks om te verseker jy kry al die werk onder die knie. 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal