)

Hoërskool Punt Debatspanne presteer

Foto’s Vlnr: Junior debatspan:  Dane Lubbe, Qure Roets en Liane Pretorius en Senior debatspan:  Stefani Muller en Lischen Roets

Op 20 Mei het die junior en senior debatspanne aan die ATKV-Debatskompetisie deelgeneem. Dit was die Suid-Kaap rondte. Dané Lubbe, Quré Roets en Liané Pretorius het Hoërskool Punt se naam hoog gehou. Hul woordstryd het gegaan oor waarom Geskiedenis. Waarom moet dit nie ‘n verpligte vak in alle Suid-Afrikaanse hoërskole te wees nie.

Lischen Roets en Stefanie Muller het vir die senior debatspan in Riversdal gaan deelneem. Hulle het vir ‘n vurige, maar passievolle debatgesprek gesorg. Die opponent het lekker asem opgehou. Hulle het besef dat geen argument die voordele van die ontrekking van Multi-nasionale maatskappye aan Suid-Afrika, enige iemand sou ooreed nie. Diè span het bankvas agter hulle argumente gestaan. Hulle het hul goed van hul taak gekwyt.

Hoërskool Punt is baie trots op hul Junior Debatspan. Hulle het ook deurdring na die Nasionale finaal. Dit word in Augustus by ATKV-Buffelspoort gehou word.

Meer oor Hoërskool Punt:

https://schoolsthatrock.co.za/category/western-cape/western-cape-schools/knysna/

https://www.pointhighschool.co.za/

Die ATKV-Debatskompetisie bied ʼn platform vir raakpraters. Nie om net nuwe vaardighede aan te leer nie, maar ook die toekoms met selfvertroue aan te pak. Leerders sal nie net die geleentheid kry om hul sê te sê nie. Hulle leer ook om navorsing te doen en oopkop oor ʼn onderwerp te dink.

Kursusse:

Die ATKV beskou die opleiding van beoordelaars, afrigters en deelnemers as ’n prioriteit. Hulle beskik oor ’n lys van kundige kursusaanbieders. Die aanbieders is bereid is om kursusse in die betrokke omgewings volgens die ATKVstandaarde aan te bied. U kan een van die kursusaanbieders gebruik om ’n kursus in u omgewing aan te bied. Die kursus sal deur die ATKV geakkrediteer word. Boonop ontvang elke kursusganger ’n ATKV-sertifikaat vir bywoning. Die aard, inhoud en koste van die kursus kan met die ATKV-debatsorganiseerder, Rozeldi Trollip, onderhandel word. Kontak haar gerus by 011 919 9006.


Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal