Foto vlnr: Jana Fourie en Kristi Willemse by die Western Mounted Games in Kathu
Schools That Rock berig oor Uppies perdry
Jana Fourie en Kristi Willemse van Uppies het aan die Western Mounted Games Noord Kaap Qualifier 9 deelgeneem. Kathu het op 31 Julie as gasheer opgetree. Hierdie twee Graad 11 leerders het die volgende prestasies behaal:
Jana Fourie junior ruiters vlak 3 algemeen 1ste plek
Kristi Willemse junior ruiters vlak 4 algemeen 1ste plek
Baie geluk en sterkte met jul seisoen.
Meer oor Hoërskool Upington:
Uppies bied egter ook ander sportsoorte aan. Atletiek, gholf, hokkie, krieket, netbal, rugby, skaak, skiet en tennis is gewilde sportsoorte
Ander sportsoorte: extreme, gimnastiek, interjol, karate, perdry, swem en tweekamp.
” ‘n Skool kan net so goed wees as wat sy hoof hom toelaat om te wees “
Hoërskool Upington is baie bevoorreg om in mnr. W.A. Kotzé (Riaan) ‘n hoof te hê wat lei deur sy voorbeeld.
Hy het groot geword op Kanoneiland en sy hoërskooljare in 1976 aan Hoërskool Upington voltooi. Hy ook as skrumskakel vir die Oranjemasjien (0/19A rugbyspan) uitgedraf.
Dit is egter nie waar sy vroeë betrokkenheid by Uppies gestop het nie. Mnr Kotzé het later as wiskunde onderwyser by Hoërskool Upington sy gewig ingegooi. Hy is later tot departementshoof bevorder en op sy interessante manier die leerders lief gemaak vir wiskunde.
Hy het egter ook ‘n liefde vir rugby by baie seuns gekweek. Sy passie vir die spel is steeds duidelik. Met sy kundigheid is hy steeds ‘n doring in die vlees van sy opponente. Hy word beskou as een van die beste rugbyafrigters wat Uppies nog gehad het. Vele ander beny sy manier om met spelers se koppe te werk. Hy het ook vir baie jare as afrigter en selfs keurder van die Cravenweekspanne opgetree.
In 2008 word hy as skoolhoof van sy ou Alma Mater aangestel. Riaan se passie vir die skool blyk duidelik uit sy daaglikse doen en late. Sy kollegas kan ook staatmaak op sy onvoorwaardelike lojaliteit. Sy leuse is eenvoudig: Lewe elke dag voluit en doen wat jy moet doen. Bo alles glo in jou Here en volg die Bybel as riglyn.
Sy visie vir elkeen in die skool is dat ons voetspore sal laat vir ons nageslag om na te volg. Omdat hy ‘n pad loop gestel is deur sy Hemelse Vader, is dit vir almal by Uppies maklik om hom te volg.
Lees meer oor Uppies:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/northern-cape/northern-cape-schools/