Schools That Rock berig oor Hoërskool Waterkloof se Kortfilms.
Leerders van die Hoërskool Waterkloof Filmskool het opdrag gekry om kortfilms van sowat een minuut lank te vervaardig.
Hulle het daarin die uitbeelding aan die tema “Uitstel” gegee. Wanneer daar agter die boeke gesit moet word, kan uitstel soms tot afstel lei.
In die geval van ons filmspan, het “uitstel” eerder tot “skouspel” gelei!
Hier volg 3 kortfilms wat deur ons eie jong vervaardigers vervaardig is.
#KlofieKultuur KOOK ten spyte van die pandemie!
Hierdie kortfilm is deur Suné van der Merwe in graad 9 vervaardig.
Die drama departement het reeds drie filmproduksies vervaardig genaamd: Familie Resep (Regisseur André Velts 2013); Transito (Regisseur André Velts 2015) en Die Skadu Sindroom (Regisseur Ferdinand Gernandt 2017).
Die kontakpersoon vir die Filmskool is Carla van Staden en haar kontakbesonderhede is (012) 347 0277.
Lees meer oor Schools That Rock:
https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/pretoria/