)

Leeuwenhof Akademie Voorskool leerders leer 10 Gebooie

Schools That Rock berig oor Leeuwenhof Akademie se Voorskoolse kleuters

By Leeuenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool Voorskool beleef leerders elke dag as ‘n wonder van leer deur te speel.  Die voertaal is Afrikaans, maar die skool aanvaar Engelse kindertjies met ope arms.  Hulle leer sommer gou ook Afrikaans aan en die Afrikaanse kinders word tot tweetaligheid aangemoedig. Die skool hanteer kinders van drie jaar oud tot ses jaar oud.

Ons kinders is tweetalig – hul praat vlot Afrikaans sowel as Engels.  Ons help ook Engelse maatjies om Afrikaans aan te leer.

Onderwysers:  Ons onderwyspersoneel is ook ten volle gekwalifiseerd.  Hulle bied weekliks temas aan, waarvoor hulle deeglik voorberei.

Aspekte waarop gefokus word:  Die emosionele-, sosiale-, perseptuele-, motoriese-, kognitiewe-, taal- en geestelike ontwikkeling van elke kindjie.

Ons fokus dus op die holistiese ontwikkeling van elke individuele kleuter.

Daar word in die voorvaardighede vir lees, skryf en wiskunde gespesialiseer.

Die kurrikulum vir Gr. R is op die Kurrikulum en Assesseringsverklarings van Suid-Afrika gebaseer. Dit word egter voortdurend verryk en aangepas.  Vir elke ouderdomsgroep is daar ‘n ouderdomstoepaslike kurrikulum. Dit word ook deur die lesbeplanning van onderwysers uitgebrei en aangevul.

Deurlopende assessering vind plaas sodat leerinhoude aangepas kan word om elke kleuter in te sluit en te ondersteun.

Buitemuurse aktiwiteite: word in die middae aangebied.  Die aktiwiteite is opsioneel, aangesien alle vaardighede gedurende die dagprogram aangespreek word.

Interessante uitstappies word onderneem en heelwat besoekers kom vermaak die kleuters met hul kennis.

Meer oor Leeuwenhof Akademie:

https://schoolsthatrock.co.za/category/gauteng/gauteng-schools/east/

https://leeuwenhof.co.za

#TROTSLEEUWENHOF

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal