)

Jan van Riebeeck skitter in Wiskunde

Schools That Rock berig oor Hoƫrskool Jan van Riebeeck se Wiskunde-boffins

Baie geluk aan Peet Karsten van Hoƫrskool Jan van Riebeeck in Kaapstad met sy puik prestasie! Hy het die 10de plek in die Wes-Kaap behaal tydens die tweede rondte van die UK-Wiskundekompetisie.

Gerard Snijders en Johann Jordaan, ook van Jan van Riebeeck, het ook provinsiaal ‘n gesamentlike 9de plek in die spanafdeling van diĆ© kompetisie behaal.

Jan van Riebeeck is baie trots op julle!

#JvRAkademie#JvRTrots

Foto’s verskaf

Meer oor Hoƫrskool Jan van Riebeeck:

Addisionele akademiese aktiwiteite: Leerders word aan verskeie akademiese aktiwiteite blootgestel en kry daagliks die geleentheid om hulself te verbeter, te verreik en om wyer as die voorgeskrewe akademiese kurrikulum gestimuleer te word. Van die aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem is ekspo’s, eisteddfods en olimpiades in verskeie vakke. Onderwysers en leerders help ook na-ure met intervensies en tutorklasse.

Tutorklasse – Leerders wat hulp nodig het met vakverwante probleme, kan die voglende MR-lede kontak vir tutor-klasse:

Werner Voges: 083 459 4630 of e-pos by werner.voges@janvanriebeeck.org

Anna van Rooyen: 082 061 9159 of e-pos by anna.vanrooyen@janvanriebeeck.org

Cambridge A-Levels – HoĆ«rskool Jan van Riebeeck is geakkrediteer as ā€˜n Cambridge International School, wat beteken dat ons leerders die Cambridge A level-eksamens kan aflĆŖ. Ons bied Wiskunde, Biologie, Fisika en Engels as ā€˜n buitekurrikulĆŖre aktiwiteit aan vir leerders wat daarvoor kwalifiseer.  Leerders begin in Junie van hulle graad 10-jaar met die AS-sillabus en voltooi hul A2-eksamen in Mei van hulle graad 12-jaar.

Die eerste groep van 8 leerders het in Junie 2018 hul AS-eksamens in Wiskunde afgelĆŖ. Die Cambridge-kwalifikasie word deur die meeste internasionale universiteite erken, sowel as deur ons plaaslike universiteite.

Benewens die vakkundige vaardighede wat leerders deur hierdie kwalifikasie opdoen, ontwikkel hulle ook ander belangrike lewensvaardighede soos selfdissipline, tydsbestuur en ā€œself-directed learningā€. Hulle verlaat die skool aan die einde van hulle matriekjaar, goed voorbereid vir ā€˜n lewe van studie aan enige tersiĆŖre inrigting!

Vir verdere inligting, besoek gerus Cambridge International se webwerf by http://www.cambridgeinternational.org of kontak me Lizette Visser by lizette.visser@janvanriebeeck.co.za

https://schoolsthatrock.co.za/?s=hoerskool+jan+van+riebeeck

https://janvanriebeeck.co.za/#

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal