Foto: Dewald (2de van regs) mag dalk die kortste tussen die wenners wees, maar dit is beslis nie ‘n faktor vir hom nie. Daar word nie verniet gesê dat dinamiet in klein pakkies kom nie.
Schools That Rock, webtuiste vir skole-nuus, berig oor ‘n sport-gesin in Humansdorp
In die Duvenage-huis was daar die afgelope tyd behoorlik fees gevier en natuurlik met goeie rede!
Nie net het Stulting se geliefde Juffrou Lisé-Mari en haar man Eugene Duvenage se oudste spruit, Dewald, ‘n uitmuntende prestasie in gimnastiek behaal nie, maar Juffrou Lisé-Mari het self ook ‘n welverdiende toekenning ontvang.
Die Twizza Toenooi in Sarah Baartman distrik is in die maand van Mei en Junie gehou. Gedurende hierdie toernooi het verskeie skeidsregters die taak verrig om die spel met wedersydse respek en vlotheid te laat verloop. Aan die einde van die toernooi is Juffrou Lisé-Mari, wat ook Sarah Baartman se hoogste gegradueerde skeidsregter is, as skeidsregter van die toernooi aangewys.
Dewald het sy mamma gewys dat, al is hy nog maar net in gr. 1, hy nie terug staan vir kompetisie nie. Hy het aan die “Eastern Cape Artistic Gymnastics Festival” deelgeneem en uitsonderlike punte in die onderskeie kategorië op vlak 2 behaal. Hy het ‘n goue medalje ontvang en is Provinsiaal 1ste gelys.
Welgedaan aan julle twee. Stulting is super trots op julle!
Lees meer oor Stulting:
Foto’s verskaf