)

Humansdorp-gesin skitter in Netbal en Gimnastiek

Foto: Dewald (2de van regs) mag dalk die kortste tussen die wenners wees, maar dit is beslis nie ‘n faktor vir hom nie.  Daar word nie verniet gesê dat dinamiet in klein pakkies kom nie.

Schools That Rock, webtuiste vir skole-nuus, berig oor ‘n sport-gesin in Humansdorp

In die Duvenage-huis was daar die afgelope tyd behoorlik fees gevier en natuurlik met goeie rede!

Nie net het Stulting se geliefde Juffrou Lisé-Mari en haar man Eugene Duvenage se oudste spruit, Dewald, ‘n uitmuntende prestasie in gimnastiek behaal nie, maar Juffrou Lisé-Mari het self ook ‘n welverdiende toekenning ontvang.

Die Twizza Toenooi in Sarah Baartman distrik is in die maand van Mei en Junie gehou.  Gedurende hierdie toernooi het verskeie skeidsregters die taak verrig om die spel met wedersydse respek en vlotheid te laat verloop.  Aan die einde van die toernooi is Juffrou Lisé-Mari, wat ook Sarah Baartman se hoogste gegradueerde skeidsregter is, as skeidsregter van die toernooi aangewys.  

Dewald het sy mamma gewys dat, al is hy nog maar net in gr. 1, hy nie terug staan vir kompetisie nie.  Hy het aan die “Eastern Cape Artistic Gymnastics Festival” deelgeneem en uitsonderlike punte in die onderskeie kategorië op vlak 2 behaal.  Hy het ‘n goue medalje ontvang en is Provinsiaal 1ste gelys.

Welgedaan aan julle twee.  Stulting is super trots op julle!

Lees meer oor Stulting:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.stulting.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal