Foto: Jasper Wiese
Schools That Rock berig oor Springbok, Jasper Wiese
Oud-Uppie Jasper Wiese (2013) het Vrydag 2 Julie sy debuut vir die Springboke van die bank af teen Georgië gemaak. Die wedstryd het op Loftus Versveld plaasgevind en die Springbokke het met 40-9 geseëvier. Volgens kommentators het Jasper bykans geen voet verkeerd gesit nie. Hy het die bal 5 keer hanteer en 21 meter gedra.
Jasper is een van 4 Uppies wat die Springbokke al verteenwoordig het. Springbokspelers Tiaan Strauss, Willem Barnard, Daantjie Rossouw is ook oud-Uppies.
Jasper was van kleins af passievol oor rugby en het op Grootdrink, sy klein tuisdorpie, heeldag met ‘n rugbybal onder die blad rondgehardloop. Sy hoërskooljare by Uppies het hom die geleentheid gegee om sy passie uit te leef. Hy het die Oranje trui met trots gedra en elke wedstryd met entoesiasme voltooi.
Jasper het na skool by die Cheetahs aangesluit waar hy Currie Cup en Pro 14 gespeel het. Hy speel tans in Engeland by Leicester Tigers waar hy groot naam gemaak het vir homself.
Baie sterkte Jasper, Upington staan agter jou al die pad!
Meer nuus oor Uppies:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/northern-cape