Schools That Rock berig graag oor Fichies se Astro-droom
Pastoor Christo Fourie het die seën op hierdie besonderse projek kom uitspreek.‘n Droom word ‘n realiteit.
Hoërskool Fichardtpark is dankbaar met die bou van die Astro wat amptelik afgeskop het! Die skool noem dit ook die Fichies Astro-nomiese projek.
#sooispit#fichietrots#jouvoorkeurskool#opgewonde#astronomieseprojek#eenskool-eendroom
Meer oor Hoërskool Fichardtpark:
Hoërskool Fichardtpark is ‘n Afrikaanse Hoërskool met ‘n Christelike karakter. Ons besef dat die hoërskooljare belangrike vormingsjare is.
Ons wil elke leerder se talente en vaardighede ontwikkel om uiteindelik in ‘n selfstandige volwassene te transformeer.
Hier by Fichardtpark wil ons graag in jou as jongmens belê en jou totale menswees aanraak met die volgende waardes: Geloof, Diensbaarheid, Integriteit, Respek en Uitnemendheid.
Akademie is ons kernbelangmet topgehalte leerkragte.
Fichardtpark fokus verder ook op ‘n balans tussen sport en kultuur.
Akademie ons Prioriteit
Sport ons Passie
Kultuur ons Trots
Fichardtpark – Jóú Voorkeurskool https://www.fpark.co.za
Lees meer oor Fichies se aktiwiteite by https://schoolsthatrock.co.za/?s=hoerskool+fichardtpark