)

Hoër Meisieskool Oranje se Juf Jacobs skrik nie vir langpad nie

Juffrou Johanette Jacobs is baie meer as net die geliefde Afrikaanse onnie met die mooi krulhare en perfekte kuite.

Agter híérdie ystervrou lê daar baie verhale en duisende kilo’s op die pad. Ná 12 Comrades-wedlope (90km), ‘n geskate 80 marathonne (42km) en 14 Twee Oseane-wedlope (56km) klop juf. Jacobs nogsteeds vier keer ‘n week dou voor dag in vir ‘n drafsessie.

In 1998 het twee Oranje-onderwyserresse aan ‘n wedloop deelgeneem. Dit het juf. Jacobs geïnspireer om ook haar draftekkies aan te trek, en slegs een week later het sy ‘n 10km-wedloop kafgedraf. Sy hardloop drie weeksoggende om 04:40 10km saam met ‘n groep vriendinne. Saterdae draf sy 22-30km saam met ‘n groter groep mense.

Nadat juf. Jacobs haar liggaam leer ken het, het sy besluit om haar eetgewoontes te verander. Sy glo in baie vesel en groente, en sny alle suikers en kafeïene uit. Haar kroekdag vind jaarliks op Kersdag plaas. Sy maak ‘n oordadige soet nagereg, probeer soveel as moontlik daarvan eet en sluit die dag af met ‘n blikkie kondensmelk.

“Gesondheid is absoluut ‘n geskenk uit die Here se hand. Ons almal se liggame is ‘n tempel van God. Ek wil so lank as wat ek kan daardie tempel instand hou,” sê sy. Juf. Jacobs is ook baie lief vir stap. Sy vertel van die keer wat sy in Sedgefield op ‘n man met die naam van Inus Baard afgekom het. Hy was besig om ‘n 1 000km-staproete vir die kinderkanker te voltooi. Sy het vir 67km saam gestap. “Geleenthede is genadegeskenke en jy moet elke liewe een van hulle aangryp,” sê sy.

Amerika, Duitsland, Engeland en Skotland is slegs ‘n druppel in die emmer van die 30 lande waarheen sy al gereis het. Haar gunsteling-besoek was ‘n klein dorpie in Oostenryk, Pitztal.

Sy is al vanaf 1997 deel van Oranje se hartklop as Afrikaanse onnie. Haar gunsteling-deel van die skool is die siel van die kinders. Sy beskou dit as ‘n voorreg om met so baie optimistiese kinders te werk. Tussendeur haar besige leefstyl maak sy ook tyd vir ontspanning. Sy is baie lief daarvoor om mense te onthaal en verder ontspan sy deur tyd saam met haar man, Henry, en haar honde deur te bring.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal