)

Vyf Hokkiespelers van Hoër Meisieskool Oranje volg in ousus se spore

Foto (bo) vlnr: Naudene Prinsloo, Nicóle le Roux, Leané McLaren, Mia Prinsloo en Carien de Wet

Onder vlnr: Matilé Prinsloo, Mikkela le Roux, Jacolene McLaren, Truné Prinsloo en Mandie de Wet

Net soos hulle ouer sibbe voor hulle, doen vyf spelers in die eerste hokkiespan vanjaar hulle ousus na deur vir dié span uit te draf. En boonop was die vyf ouer sussies in 2017 en 2018 almal spanlede.

Die vyf wat vanjaar in hulle ousus se voetspore volg, is Naudene Prinsloo, Nicóle le Roux, Leané McLaren, Mia Prinsloo en Carien de Wet. Hulle susters is onderskeidelik Matilé Prinsloo (2017-2020), Mikkela le Roux (2017-2020), Jacolene McLaren (2016-2018), Truné Prinsloo (2016-2020) en Mandie de Wet (2017-2019). Truné, Mikkela, Matilé Prinsloo en Jacolene was almal vir die SA o.18-skolespan gekies. Mikkela en Jacolene het ook vir die SA o.21-span uitgedraf.

Dis vanjaar die tweede jaar wat Naudene, Nicóle en Leané vir die eerste span gekies word. Carien en Mia is nuwelinge. In die laaste dekade was daar ook die Louw’s en Van Heerdens. Antonet Louw was al vyf haar jare op hoërskool (2010-2014) in die eerstes en haar sussie Frances in 2014 en 2015. Minke van Heerden (2012-2016) en haar jonger suster Sonika (2013-2017) het albei die uitsonderlike prestasie vermag deur hulle hele hoërskoolloopbaan vir die o.18A-span diens te doen!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal