)

Hoërskool Outeniqua bied huiskonsert aan

Foto: Nicklen Gelderbloem

Nicklen Gelderbloem, Gr. 11 leerder van Hoërskool Outeniqua, het die afgelope naweek ‘n huiskonsert aangebied waar hy ‘n program van pragtige kitaarmusiek uitgevoer het.

Die geleentheid is deur sy onderwyser, Mev. Olga Schoeman, ‘n bekende harp en klassieke kitaar spesialis in die Tuinroete-omgewing, aangebied. Die program het oor ‘n verskeidenheid werke uit die skatkis van klassieke repertorium beskik en is meersterlik deur die jong Nicklen vertolk.

Die gehoor is verder trakteer met jazz duet-items saam met gas-kunstenaar, Kerwin Albertus, op saksofoon. Die sestienjarige musikant is nederig oor sy besonderse talent en skryf sy liefde vir musiek toe aan sy familie en die blootstelling wat sy grootouers hom as jong seun gegee het.

Outeniqua is trots op hierdie Kwagga en sien uit na nog vele vertonings!

Vlnr: Kerwin Albertus, Nicklen gelderbloem en Olga Schoeman
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal