Vrydagmiddag, 14 Mei, het 12 van Fichies se gholfspelers teen 12 van Jacobsdal se gholfspelers op Tempe gholfbaan gespeel.
Die formaat was ‘n BBS. Die seuns het dit baie geniet en goeie gholf is op die dag gespeel.
Die wenners van die dag was Shaun Visagie en GC du Toit met 23 punte. Tweede was Ruan Weenink en Kenneth Hefer met 19 punte.
Shaun Visagie het ook die beste gholf gespeel met 37 houe vir 9 putjies.
Fichies sien uit om julle weer te ontvang.
Foto’s: Altus Janse van Rensburg