)

Schools That Rock gesels met Hoërskool Outeniqua se 1ste span Seuns Hokkiekaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Hoërskool Outeniqua in George se 1ste Seuns Hokkiespan, Wihan Ferreira, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.

“My naam is Wihan Ferreira, kaptein van Hoërskool Outeniqua se 1ste seunshokkiespan.

In graad 4 het my vriende my aangespoor om met hokkie te begin. As laerskool laaitjie wat rugby en atletiek doen, het ek dit as ‘n geleentheid gesien om nog ‘n sportsoort te beoefen. Min het ek geweet dat hokkie my gunsteling sportsoort sou word. Sonder enige vaardighede met die bal of die spel het ek heel agter as ‘sweeper’ ingetree. My taak was eenvoudig: slaan weg, ver weg. Daarna het ek ‘link toe geskuif en in hoërskool na ‘left back’ beweeg.

Alhoewel dit my eerste leierskapsposisie in ‘n sportspan is, is dit nie my eerste keer in ‘n leierskapsposisie nie.

Ons het elke week 2 sessies op die astro, en tussen-in is ons in die gym vir 2 sessies elke week. Gepaard met dit is Vrydaemiddae en Saterdae ook op my program, waartydens ek op my eie oefen. Hokkie is my enigste sportsoort. Ek verkies die samewerking, hoë vaardigheidsvereistes en kompleksiteit wat hokkie bied, en die spoed waarteen die bal oor die klam astro verkeer.

As kaptein is daar groot verantwoordelikhede, maar met ‘n span wat self uit vele sterk leiers bestaan, is my werk aansienlik makliker. My verantwoordelikhede is verspreid om wanneer ons nie speel nie te lei, voorbeeld te wees en voor te vat, sowel as om op die veld te kommunikeer en seker te maak elkeen is waar hy moet wees en nie besig is om hul koppe te sak nie. Op die ou end die dag is daar soveel meer tyd wanneer ons rondom die astro beweeg en besig om daar die skool se naam hoog te hou, eerder as die uur wat ons binne die reëls van hokkie hardloop.

Alhoewel ek nie naskool met hokkie op kompeterende vlak voortgaan nie, het dit reeds vir my oor leierskap en ook ‘n bietjie van die lewe geleer. Van myself en hoe ek lei, hoe ek kan verbeter, maar ook om dieper te kyk. Deur al die opposisie wat soos Jerigo se mure voor jou staan, want iewers lê die gaping om by die doelhok uit te kom.”

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal