Op Vrydag en Saterdag 7 en 8 Mei het die Erries vir die eerste keer in 14 maande amptelike wintersport-wedstryde gespeel teen Hoërskool Middelburg.
Dié vriendskaplike wedstryde se primêre doel was vir oefening om gewoond te raak aan wedstryd-formaat ter voorbereiding vir die liga, asook om die EHS-spanne te finaliseer.
Vrydag het die tennisspanne en die seunshokkie gespeel.
Saterdag het die dogtershokkie-, netbal- en rugbyspanne hul beurt gehad om te speel.
Al die Erries van die onderskeie spanne en sportsoorte het werklik hard geveg en is dankbaar om die geleentheid gegun te word om uiteindelik wedstryde te kan speel.
Baie geluk aan elke span wat gewen het en dankie aan die Erries wat aanhou veg het en met trots hul koppe kon hoog hou.
EHS sien uit na die seisoen wat voorlê en die groei wat dit in elke span sal meebring.