)

Schools That Rock gesels met Hoërskool Die Wilgers se Netbalkaptein

Dit is vir Schools That Rock ‘n voorreg om die kaptein van Hoërskool Die Wilgers se 1ste Netbalspan, Delainey Venter, aan die lesers van ons webtuiste voor te stel.

My naam is Delainey Venter. Ek speel vanaf graad 1 netbal. Ek speel tans Senter (S) en het al AV, VV, HV en V gespeel. Ek het die voorreg gehad om in my graad 10 jaar kaptein te wees vir die 0/16 A-span van Hoërskool Die Wilgers.

As ‘n span oefen ons 3 maal per week en as individu probeer ek ook om ekstra oefentyd daarby in te werk. Buiten netbal neem ek ook deel aan atletiek en sagtebal . My gesondheid stel ek hoog op prys, daarom doen ek ook Crossfit buiten my skoolsport.

Ek verkies spansport bo individuele sport omdat dit my van samewerking en lojaliteit van kleins-af geleer het. Ek is ‘n pligsgetroue en hardwerkende persoon.

Ek dien op die Uitvoerende komitee van ons Matriekraad vir 2021. Ek glo my leierseienskappe, tesame met my morele waardes, gee my lewe rigting.

As kaptein van die White Eagles 2021 is my doelwit om my span te dra en te help groei waar moontlik. Dit is vir my baie belangrik dat ons mekaar as sussies sien en nie net as spanmaats nie .

Ek sal ook deel wil wees van TUKS-Netbal in die toekoms en so nog meer liefde vir hierdie asemrowende sport ontwikkel.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal