Drie Leerders van Hoërskool Nelspruit, Sumari Naude (gr.12), Megan Bester (gr.11) en Ronel Basson (gr.9) het na die finale rondte van die Nasionale Toneelspelkompetisie deurgedring.
Bykans 500 deelnemers van regoor die land het aan die uitdunrondtes deelgeneem en 82 finaliste is gekies wat vanaf 6 tot 8 Mei by die Artscape Theatre Centre in Kaapstad gaan deelneem.
Hoërskool Bellville bied vanjaar vir die agtiende keer die Nasionale Toneelspelkompetisie aan.
“Om drie leerders van NHS in die finaal te hê, is ‘n besonderse prestasie. Dis ’n abolute voorreg om gekies te word!” sê me. Frances van Niekerk, NHS se drama-afrigter. NHS is baie opgewonde om te sien hoe hierdie drie in die Kaap gaan vaar!
Foto verskaf