Janus Roberts van Hoër Jongenskool Paarl het presteer by die Nomads SA Junior Gholf Toernooi wat plaasgevind het op die Waterkloof-baan.
In die houespel-afdeling het Janus met ‘n telling van 291 onder die top-32 spelers geëindig en het aanbeweeg na die putjiespel-afdeling. In die eerste rondte van die putjiespel het hy ‘n goeie sege van 1 voor behaal teen Janko van der Merwe (Magaliespark), maar in die tweede rondte het hy vasgeval na ‘n taai stryd teen Joshua Koekemoer (Silverlakes).
Baie geluk Janus!
Foto verskaf