Dewald Duvenage, ‘n graad 1 maatjie van Laerskool Stulting in Humansdorp, het verlede Saterdag aan Bay Gymnastics se eerste kompetisie deelgeneem.
Hierdie klein knapie is die jongste gimnas in die Vlak 3 groep (6 jaar) en het ‘n gesamentlike eerste plek behaal vir o/8.
Baie geluk, Dewald!
Foto verskaf