Drie van Hoërskool Sentraal se swemmers, Nialize Cronjé, Lize Botha en Minette Brits, het aan die Streek-swemkampioenskappe deelgeneem. Die volgende prestasies is behaal:
Nialize Cronjé (Graad 11): SA-Vlak 3 Streekkampioenskap – behaal Silwer Medalje (50 m Rugslag) en Brons Medalje (50m Borsslag).
Lize Botha (Graad 10): SA-Vlak 2 Nasionale Kampioenskap – behaal 1 x Goue Medalje, 4x Silwer Medaljes en 1 x Brons Medalje.
Minette Brits (Graad 8): SA-Vlak 2 Streekkampioenskap – behaal 1 x Goue Medalje en 3 x Brons Medaljes.
SA-Vlak 2 Provinsiale Kampioenskap – behaal 1 x Goue Medalje en 2 x Brons Medaljes.
Baie geluk!
Foto’s verskaf