Rooies is bevoorreg om gedurende die “Well Done Function” vir Matriekuitslae van 2020 (aangebied deur die Departement van Onderwys), 4 personeellede te hê wat as Toppresteerders in hul onderskeie vakke in die streek aangewys is.
Baie geluk aan: Mev. Suzelle Strydom ( Gasvryheidstudies), mev. Juanita Kriel (Rekeningkunde), mev. Wilneldi Olivier (CAT) en mej. Chrisma van Niekerk (Wiskunde).Rooiskool het ook ‘n GOUE trofee vir ‘n slaagsyfer van 100% ontvang asook ‘n Trofee vir een van die TOP 5 skole in die Fezile Dabi-distrik.
Baie geluk aan elke personeellid en dankie vir elkeen wat daagliks sy of haar beste vir die skool se leerders gee!