)

Hoërskool Ermelo atlete gekies vir Mpumalangaspan

Hoërskool Ermelo se atlete het op Saterdag 27 Maart deelgeneem aan die Mpumalanga-atletiekkampioenskap by die Secunda Atletiekstadion.

Vyf van die Erries is gekies om die Mpumalanga-atletiekspan te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat plaasvind vanaf 7 tot 10 April in die Paarl.

Die volgende EHS-atlete is vir die Mpumalangaspan gekies:

Mia Davel (o/16) behaal twee eerste plekke in onderskeidelik hoogspring met ‘n hoogte van 1,63 meter, asook in die 300m-hekkies met ‘n tyd van 47,17 sekondes.

Mikaela Hand (o/16) behaal ‘n tweede plek in skyfwerp met ‘n afstand van 30,89 meter en ‘n sesde plek in gewigstoot met ‘n afstand van 10,59 meter.

Carla Ferreira (o/18) verower ‘n tweede plek in spiesgooi met ‘n afstand van 39,92 meter.

Tyrone Berning (o/16) spog met drie uitstekende eerste plekke. In hoogspring spring hy 1,88 meter, hy voltooi die 300m-hekkie in 39,02 sekondes en die 400m in 50,90 sekondes.

Ruan du Toit (o/18) behaal ‘n tweede plek in die 400m met ‘n tyd van 48,93 sekondes.

Alhoewel die volgende atlete nie gekies is vir die Mpumalngaspan nie, presteer hulle nietemin ook uitstekend:

Chester Mphahlele (o/17) behaal ‘n agtste plek in die 3000m en Bongmusa Vilakazi behaal ook ‘n agtste plek in die 1500m.

Deidre van der Meyden (o/17) behaal ‘n tweede en vierde plek in onderskeidelik die 100m en die 200m, Johnke Prinsloo (o/17) behaal ‘n tweede plek in die 400m, Mia Steenkamp behaal ‘n tweede plek in die 400m-hekkies, Zané du Plessis (o/17) behaal ‘n derde plek in hoogspring, asook ‘n vierde plek in die 400m-hekkies en Chantelle Swart (o/19) behaal ‘n tweede plek in die 800m.

Baie geluk aan elke Errie wat deelgeneem het, asook dié wat gekies is vir die Mpumalangaspan.

Erries is met reg trots op elkeen se uitsonderlike prestasie!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal