)

Hoërskool Strand – Toutrek kweek legendes!

Foto vlnr: Durand van Deventer, Nina Esterhuizen en Brendon van Rooyen

Die afgelope Saterdag het Hoërskool Strand ’n verdere drie toutrekkers vereer met spesiale keppies waarop “Toutrek Legend 30” staan. 

Wat is ’n “Toutrek 30 Legende”?  Dit is nié die trekker wat noodwendig die beste trek of die beste tegniek het nie, maar eerder die toutrek-atleet wat lojaal teenoor sy skool is, wat altyd betyds is, wat ’n voorbeeld vir ander stel en wat ook as mentor vir nuwelinge optree. In hierdie opsig is besluit om alle Toutrek-atlete wat aan 30 of meer kompetisies vir Hoërskool Strand deelgeneem het, te vereer met hierdie spesiale toekenning – dit kan slegs vermag word in ’n trekker se vierde jaar van deelname, wat hierdie keppie beslis moeilik maak om te kry. DIt dien as aansporing vir die jonger trekkers om lojaal teenoor hul skool en sport te wees en om aan te hou met toutrek as sport!

Hierdie eer het Durand van Deventer, Nina Esterhuizen en Brendon van Rooyen verlede Saterdag te beurt geval.

Met inisiatiewe soos die “Legende”-klub, uitstekende afrigting en die talle jonger leerders wat onlangs aangesluit het, sien Arend-toutrek daarna uit om jaarliks sterker en sterker te word en om in die toekoms ’n krag in SA-toutrek te word!

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal