)

Hoërskool Kroonstad – Veeplaas skoleprojek

Die Veeplaas skoleprojek het in 2016 ontstaan.

Die projek het ten doel gehad om die jeug (skole) blootstelling te gee aan die landboubedryf en genootskappe die geleentheid te gee om hul ras onder die jeug te promoveer.

Vyf skole en beesrasse is geïdentifiseer om die projek te loods. Die belangstelling onder landbouskole het geweldig toegeneem en het die projek met rasse skrede vooruitgegaan. Dit projek was te “groot” om deur Veeplaas alleen bedryf te word en is die Plaas Landboujeugstigting gestig met die doel om landbou onder die jeug te bevorder.

Die Plaas Landboujeugstigting bestaan uit korporatiewe lede in die landboubedryf, die voorsitter van die Suid Afrikaanse Landbouonderwysersvereeniging asook ‘n verteenwoordiger van die skole. Frikkie van Zyl is deur die skole verkies as verteenwoordiger en het die afgelope twee jaar op die bestuur van die Plaas Landboujeugstigting gedien. Weens die toename in die getal deelnemende skole, asook verskeie projekte wat geloods is, het die bestuur vanjaar besluit om twee addisionele verteenwoordigers vir die skole te verkies. Frikkie is weer herverkies en sal vir die volgende twee jaar as verteenwoordiger van die Vrystaat en Noord Wes skole optree.

Blouskool het tydens die verkiesing lof ontvang vanaf die skole Projekbestuurder (Albert Loubser) vir hul volgehoue rekordhouding, opdatering en terugvoering aan die Plaas Landboujeugstigting van die Veeplaas Blouskool Santa Gertrudis kudde asook die Veeplaas Blouskool Suffolk kudde. Opdatering van die kudde het op ‘n maandelikse basis geskied en was Blouskool by uitsondering die enigste skool wat sedert die onstaan van die projek sy data maandeliks ingedien het.

Foto verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal