Alhoewel tegnologie in die klaskamer nooit ‘n goeie onderwyser sal kan vervang nie, is die beskikbaarheid van dié hulpmiddels definitief gereedskap om enige onderwyser se taak te vergemaklik.
Hoërskool Ermelo bedank die ErrieUnie, asook Nashua Highveld wat elk groot bedrae geskenk het vir die opgradering van tegnologie in die Erries se klaskamers. Dit sluit onder andere nuwe projektors, witborde en “visualizers” in.
Baie dankie vir u volgehoue betrokkenheid by EHS en die ondersteuning waarby die Erries baat.
George Couros het gesê: “Technology will not replace great teachers, but technology in the hands of great teachers can be transformational.” Hierdie waarheid is iets wat die Erries daagliks ervaar.
Foto verskaf