Foto vlnr: Christiaan Kritzinger, André Fick, mnr. Karel du Plessis (BKB Woladviseur), Zaahn Fullard, Liebré Potgieter, Johanni Loggenberg, Nicolene de Gouveia, Abigaile Koekemoer en Johan Visagie.
Gooi en afranding van die vag.
Waarmee het die die landbouleerders van Kroonstad se twee hoërskole hulle tydens die kursus besig gehou? Natuurlik LOX₁, LOX₂, BS en AS – vreemde afkortings wat vir hulle betekenis gekry het.
Bloues en Rooies se graad 11-Landboubestuurspraktykleerders het gou besef dat wolklassering nie ‘n maklike taak is nie. Die kursus is vanjaar deur mnre. Theuns Barnard en Karel du Plessis van BKB aangebied.
Die teoretiese deel van die kursus het gehandel oor die afranding van die vag en die indeling van die wol volgens die verskillende tipes/klasse.
Foto’s verskaf