Foto: Meneer Pieter Grobler, hoof van Hoërskool Ermelo spog met die sertifikaat en trofee as prys vir die top skool in die Gert Sibande-distrik
Tydens die Gert Sibande-distrik se prysuitdeling van 2020 se matriekuitslae, is Hoërskool Ermelo aangewys as die beste presterende skool in die distrik.
Met ‘n slaagsyfer van 99,1% en 79% leerders wat slaag met universiteitsvrystelling, is dié prestasie ‘n besondere hoogtepunt. Groot dank gaan aan die matrieks van 2020 en die onderwysers van EHS vir harde werk en deursettingsvermoë om dié prestasie te kon behaal. Hoërskool Ermelo buig in dankbaarheid neer vir die genade van ons Vader wat oor die Erries gestort word.